The Camp Fire - IOC Helplyn

chrisbad - Jan 31, 2007 - 07:00 AM
Post subject: IOC Helplyn
Die IOC helplyn is daar om IOC lede in ongemaklike situasies by te staan.

Indien jy op 'n vreemde plek teespoed sou optel met jou voertuig, (Pap battery, stukkende V-belt, verdwaal, stukkende waterpyp ens.) kan dit baie gerusstellend wees om te weet daar is iemand nie te ver van jou af wat jou heel moontlik kan help.

Die gedagte is nie om 'n "National Rescue" organisasie te stig nie, slegs 'n skouer om op te leun indien dit nodig sou wees.

Die wat dink dat hulle daarby sal baat kan gerus die volgende inligting vir my PM:

Voorbeeld
Site ID...............beesblaas
Naam.................Piet Pompies
e-mail.....................bees@blaas.net
Kontak Nommer..072watnouweer
Omgewing..........Naby die N4/N1 kruising, PTA

Gereelde "updates" van die lys sal aan deelnemers ge email word.

Cheers
Chris
fatboy - Jan 31, 2007 - 07:07 AM
Post subject:
Goeie idee!
Sakkie - Jan 31, 2007 - 07:10 AM
Post subject:
Pm Fatboy, PM....wee jy, die petrol ouens kan ook nie lees nie. Cool

As jy jou post so los gaan jy dalkies allerhande snaakse e-mails kry!
fatboy - Jan 31, 2007 - 07:12 AM
Post subject:
Waarvan praat jy nou, Sakkie?

Laughing Laughing
Sakkie - Jan 31, 2007 - 07:16 AM
Post subject:
Shocked Very Happy Laughing Laughing
Kyk hoe wakker is so 'n petrol-head so vroeg in die oggend
fatboy - Jan 31, 2007 - 07:18 AM
Post subject:
Le in die aande wakker en bekommer my oor die petrolprys... Shocked Shocked
KlasKaptein - Jan 31, 2007 - 07:38 AM
Post subject:
Chris jy het al myne Wink
JacoB - Jan 31, 2007 - 07:54 AM
Post subject:
Ditto
Byter - Jan 31, 2007 - 08:51 AM
Post subject:
Goeie idee, sal n bietjie later stuur.
Byter - Jan 31, 2007 - 09:03 AM
Post subject:
Moet net onthou wanneer die maats gaan speel hulle nie te pla nie, dan maar jou hoop plaas op n parmantige samaritaan met n Land Cruiser om jou te kom help
WetStuff - Jan 31, 2007 - 09:51 AM
Post subject:
'n Databasis is nog steed 'n goeie idee. Maar hoe gaan dit gebruik word? Veral tydens bollie wanneer ver van die naaste IOC lede af.

Lesse geleer op 'n Vrydag in Kimberley:
(1) Bollie gebeur vinnig en daarna gebeur dinge teen die spoed van wit lig.
(2) Jou selfoon se battery is gewoonlik die papste wanneer jy dit die meeste nodig het. En van die charger weet niemand nie.
(3) Te veel mense wat op hul eie reël kan iemand se tyd en geld mors - liewer dat een persoon koordineer.
(4) Jy het gewoonlik nie die info by jou wat jy nodig het nie (24H nommer vir insurance ens).
(5) Vriende wat jy nog nie ontmoet het nie, gee om en wil graag hoor hoe dit gaan en wat hulle kan doen.
(6) Jou kanse om op die WWW te kom, om al die info te soek, is feitlik nul.
(7) Stress doen snaakse dinge - jy vergeet allerhande goed wat jy normaalweg sou weet. Soos wie is jou insurance, wie bly die naaste, waar is jou papier met die DB op ens.
(8 ) Daar is niks wat jou meer laat kalmeer soos om te weet iemand wat jy ken en vetrou met jou lewe, is op die tuisfront en besig om te help uitsort.

Al die bogenoemde is waar wanneer jy en jou naastes slegs walking wounded is. Wanneer jy erger is, gaan al die probleme ook tien keer erger wees.

Stel voor soos volg:
'n "Streeks" KK word identifiseer of selfs net iemand wat jy ken en vertrou.
Wanneer die pawpaw die fan tref, kontak die persoon in die bollie die SKK.
Die SKK koordineer die tuisfront - WWW, reelings, plan A - Z, etc.
KlasKaptein - Jan 31, 2007 - 10:03 AM
Post subject:
eugen die probleem is daai en persoon wat jy aan wys is ne altyd beskikbaar nie.

Die hele databasis idee is beter as om niks te he nie, ek reken kom ons begin by die databasis idee en dan kyk ons bietjie verder hoe werk dinge uit.

Ek gee nie om nie maar ek gaan definitief nie lekker slaap as ek weet ek is die enigste kontak punt vir iemand in nood in my area nie.

Net my opinie. Ek reken ook dis meer vir break down ens as wat dit is vir groot ongelukke en dis meer, in daardie geval gaan die persoon eerder sy naastes kontak.

My opinie
Nav - Jan 31, 2007 - 10:04 AM
Post subject:
Gesekondeer!

Scenario, jy word ge-hijack, die eerste ding wat na jou voertuig voete kry is jou selfoon met die noodnommers, die volgende is jou beursie met die noodnommers! As ons ernstig is om mekaar te HELP, MOET ons aan 'n "bullet proof" plan werk!

Wetstuff is reg, skok is die groot faktor en as jy NOU hulp soek en daar IS nice mense wat graag WIL help, moet daar 'n kalm persoon, wat toegang het tot al die regte hulpbronne, gekontak kan word.

Ek dink Eugene het dit reg, wanneer die paw-paw die fan tref, moet daar iemand wees met 'n GROOT ge-koordineerde plan. Ek dink daardie plan moet goed insluit soos naasbestaandes telefoonnommers ens.

Net my 1/2c opinie uit 'n warm Vrydag Kimberley aand ondervinding!
Castos - Jan 31, 2007 - 10:11 AM
Post subject:
Ek reken dis 'n stap in die regte rigting. Ek is altyd bereid om iemand te help met 'n probleem in die deel van die wereld.

As my vrou bv. Jhb toe gaan en verdwaal, of 'n pap wiel kry. Sal dit vir my 'n riem onder die hart wees dat iemand daar is om haar te help.
Nav - Jan 31, 2007 - 10:16 AM
Post subject:
Castos,

Stem saam! Enige ding, van pap wiel tot gaan staan sonder brandstof! Julle petrol ouens sal net 'n deposito moet betaal anders sal ek 'n tweede verband moet uitneem!! HeHe! Twisted Evil
WetStuff - Jan 31, 2007 - 10:23 AM
Post subject:
280DT wrote:
eugen die probleem is daai en persoon wat jy aan wys is ne altyd beskikbaar nie.

Stem saam. Dis hoekom ek gesê het "of selfs net iemand wat jy ken en vertrou". Dit hoef nie 'n spesifieke persoon te wees nie, net iemand wat jy in die hande kan kry en wie bereid is om dinge te koordineer.

280DT wrote:
Die hele databasis idee is beter as om niks te he nie, ek reken kom ons begin by die databasis idee en dan kyk ons bietjie verder hoe werk dinge uit.

Beslis!

280DT wrote:
Ek gee nie om nie maar ek gaan definitief nie lekker slaap as ek weet ek is die enigste kontak punt vir iemand in nood in my area nie.

Sal dit NOOIT van iemand verwag nie. Mens kan NOOIT iemand anders vir jou lewe verantwoordelik hou nie.

280DT wrote:
Net my opinie. Ek reken ook dis meer vir break down ens as wat dit is vir groot ongelukke en dis meer, in daardie geval gaan die persoon eerder sy naastes kontak.

Ook weer waar. Net 'n mens se familie is geneig om ook te veel te stress en paniekeer.

Laaste comment - Moenie die gevoel wat jy kry wannneer iemand belangstel om te luister en help wanneer "life as you know it comes to an end", onderskat nie.
Nav - Jan 31, 2007 - 10:33 AM
Post subject:
280DT wrote:
in daardie geval gaan die persoon eerder sy naastes kontak.

My opinie


Kug, kug!! Shocked

Askies Meneer die KlasKaptein! Ek dog die hele tyd ons is almal familie! Shocked Twisted Evil
Gustav - Jan 31, 2007 - 10:34 AM
Post subject:
Quote:
Scenario, jy word ge-hijack, die eerste ding wat na jou voertuig voete kry is jou selfoon met die noodnommers, die volgende is jou beursie met die noodnommers!


Dis hoekom jou eie kontak persoon by die huis (wie se nommer jy ken), die IOC lys moet hê, hy/sy kan dan koordineer met wie ook al naby is ....
weimaraner - Jan 31, 2007 - 10:44 AM
Post subject:
Julle het my ondersteuning! PM Chris!
Nav - Jan 31, 2007 - 10:48 AM
Post subject:
Weer uit ondervinding!

Goed om te se, praat met jou naastes, en ek verstaan dit IS die mense wat die meeste omgee.... MAAR

die enigste familie wat ons ALMAL in die IOC het in die verste uithoeke van ons land waar ons almal so lief is om te ry EN wat ordentlike kennis het van trokke EN die regte toerusting EN 'n groot genoeg trok het om te kan sleep EN genoeg pakplek binne die trok as daardie trok sou gaan staan...

is ONS ALMAL! Wink

Ek bly by my stelling van dit binnehuis hoe op die site! Ek is in elk geval op 24 uur roep virrie werk ek het NIE 'n probleem om dinge te hanteer hier innie kaap gebied sou K3 dit so verkies! En dit gese net omdat dit nie veilig is vir 'n mannin om in die middernagtelike ure rond te rits en want ek WEET sy is heeltemal in staat!

Ek ken van om in die nood te wees en wat dit beteken om maaikies te he wat KAN!

Proposals for Local Area Emergency Co-ordinators?
Nav - Jan 31, 2007 - 10:51 AM
Post subject:
Gustav wrote:
Quote:
Scenario, jy word ge-hijack, die eerste ding wat na jou voertuig voete kry is jou selfoon met die noodnommers, die volgende is jou beursie met die noodnommers!


Dis hoekom jou eie kontak persoon by die huis (wie se nommer jy ken), die IOC lys moet hê, hy/sy kan dan koordineer met wie ook al naby is ....


Gustav,

Nice thought but now try MY scenario.. Jy's op reis SAAM met jou familie..!!

Die mense in die hospitaal in Kimberley het ons gevra vir ons huis telefoon nommer toe vra ek hoekom ... daar's niemand daar wat sal antwoord nie!!
KlasKaptein - Jan 31, 2007 - 11:15 AM
Post subject:
Net in die selle asem ous, as jy en jou gesin op reis is dan is jou IOC famili by die huis jou kontak is dit nie? hulle hoort dan die lys te he en te weet wie naaste aan jou is en dinge te koordineer.
Padskraper - Jan 31, 2007 - 11:40 AM
Post subject:
Nav wrote:
Proposals for Local Area Emergency Co-ordinators?
Shocked LEACS? Shocked

Dalk ook maar 'n "second-on-demand" (just another poor SOD) ook hê, ingeval die hoofkontak nie beskikbaar is nie?

Ek gee nie in die minste om as iemand anders ook bietjie meer verantwoordelikhede wil hê nie.
Nav - Jan 31, 2007 - 11:46 AM
Post subject:
K3 Mooi so! So skerp soos altyd! Ek is seker ons kan hier innie kaap iets reel! Kom ons flat toppers kry die skema van die grond af! Wink
Elapid - Jan 31, 2007 - 12:17 PM
Post subject:
Hey guys, sorry i didnt finish it.

But like i said in the "im back" thread. alot of kak happened in my life, icluding my laptop getting stolen with all the isuzu memebers info on it Sad

sorry guys
JP - Jan 31, 2007 - 01:00 PM
Post subject:
Damien, no need for any apologies, we understand better than you think.

IMO this is merely an effort to rejuvenate an excellent idea which you partly inisiated, so really no need for any apologies Wink
fatboy - Jan 31, 2007 - 02:24 PM
Post subject:
Mmmm,

Kan ons nie maar almal op 'n "spreadsheet" in demografiese areas opdeel nie, wat dan uitgedruk kan word en dan kan ons die lys in ons bakkie se diens/waarborgboekie plaas, asook 'n afskrif los by die huis of ander kontak persoon.
chrisbad - Jan 31, 2007 - 05:16 PM
Post subject:
Ek hoor almal se issues rondom hierdie saak. Die rede vir die lys, volgens my is soos volg:

Ek dink net dat die lys van maatjies wat graag sou wou help in 'n krisis, hoe klein ookal, (Pap battery, af V-belt, verdwaal, stukkende waterpyp ens.) dit met graagte sou doen. Die gedagte is nie om 'n "National Rescue" organisasie te stig nie, slegs 'n skouer om op te leun indien dit regtig nodig sou wees. Die persoon kan dalk jou naasbestaandes skakel as jy hulle nie in die hande kan kry nie - Dit is nou as die nood so hoog is.

Ek persoonlik sou nogal daarvan hou om iemand in Gatsonderwater to kon kontak vir hulp indien ek daar 'n probleem met 'n waterpyp of iets dergliks sou optel.

Die lys, met die wat deel is daarvan, sal binnekort na alle deelnemende maatjies ge E-mail word.

Groete
NicoJB - Jan 31, 2007 - 06:40 PM
Post subject:
Thanks Chris
Sakkie - Jan 31, 2007 - 08:05 PM
Post subject:
Plak my in Chris
Allan - Feb 01, 2007 - 09:51 AM
Post subject:
I am available for towing/recoveries in kZN preferably southern KZN.

Allan
Mnet280TDi - Feb 01, 2007 - 09:57 AM
Post subject:
Alhes wrote:
I am available for towing/recoveries in kZN preferably southern KZN.

Allan


And here I thought that you're the one in need of towing/recovering after swimming Rolling Eyes Wink Laughing
Wim - Feb 01, 2007 - 10:37 AM
Post subject:
EK het my PM met detail gestuur Very Happy.
Paul - Feb 01, 2007 - 11:20 AM
Post subject:
Chris I sent you a PM

Cheers
Paul
Allan - Feb 01, 2007 - 11:39 AM
Post subject:
Hey Mnet - Note I said "southern KZN" - that is the part under water!! I now specialize in under water recoveries - I have had the practise!! Very Happy
mogilvie - Feb 01, 2007 - 08:14 PM
Post subject:
Chris, my info sent to you.

regards

Martin
chrisbad - Feb 04, 2007 - 10:30 AM
Post subject:
Hi

So far only 22 people responded. Why would that be? Do we only have 22 willing members or do we only have 22 active members?

Natal - 3
Gauteng - 10
Kaapstad - 8
Oos Transvaal - 1

Cheers
Roberator - Feb 04, 2007 - 08:17 PM
Post subject:
Chris, you should know all my details already, so if you have not added my name to the list, then you may do so now. Wink
chrisbad - Feb 04, 2007 - 09:29 PM
Post subject:
Thanks Robert

I'll do just that.

Cheers
Chris
Noone - Feb 05, 2007 - 08:23 AM
Post subject:
Did you get my PM Chris cos I havent got the list yet? If so when are you sending out the list?

Rgds
ME
chrisbad - Feb 05, 2007 - 03:25 PM
Post subject:
Hi ME Very Happy

I will send the list the moment I can call it a list Sad We have 410 registered users but only 23 people so far responded. That's only 5.6% participation. I was hoping to get to a 100% figure, but looks like we might have to settle for 10%. If this is not achievable by Friday 9th I will send out what I've got.

Regards
Chris
JP - Feb 05, 2007 - 04:22 PM
Post subject:
Shocked Shocked

JY het mos al MY details

My Naam : JP
My Bakkie: 'n Witte
My Selno : Dieselle een waarop jy my altyd bel
My Adres : Daar waar jy kom kuier het toe jy so sleeptong gepraat het
My email : Daai ene waarnatoe jy altyd die vieslike grappies stuur en die prentjies van lelike tannies wat so mooi sit o ja, en die jetski wat te koop is.
Elapid - Feb 05, 2007 - 04:43 PM
Post subject:
Did you get my email chrisbad?
chrisbad - Feb 05, 2007 - 05:21 PM
Post subject:
Damien

Yes I've got your info, and JP, Jy is al lankal op die lys - net een keer Very Happy
badnavigator - Feb 05, 2007 - 07:22 PM
Post subject:
[quote="2510JP......JY het mos al MY details.......[/quote]

IMAGINE Chris het vergeet om jou naam op te sit Very Happy Very Happy
fatboy - Feb 06, 2007 - 08:15 AM
Post subject:
Jy het myne ook, hou asb geheim, as my "fan" klub die inligting kry kamp hulle en paparazzi weer voor my huis en bel tydig en ontydig.
JP - Feb 06, 2007 - 11:07 AM
Post subject:
badnavigator wrote:
IMAGINE Chris het vergeet om jou naam op te sit Very Happy Very Happy


Shocked Shocked

MaryAnn, IMAGINE dit
280iNyati - Feb 06, 2007 - 06:10 PM
Post subject:
Chris, jy het my info, as ek weer terug is in Pietersburg, dan sal ek daar uithelp, anderster hier in my huidige geweste
chrisbad - Feb 09, 2007 - 08:06 AM
Post subject:
OK

Ek het die lys gister uitgestuur. Indien jy jou inligting aan my gestuur het, maar nie die lys ontvang het nie, skree net en ek stuur hom weer.

Cheers
Castos - Feb 09, 2007 - 08:09 AM
Post subject:
Chris, dankie ek het dit gekry.
Mnet280TDi - Feb 09, 2007 - 08:44 AM
Post subject:
Het gekry dankie Chris Very Happy
Allan - Feb 09, 2007 - 09:32 AM
Post subject:
Hi Chris

Nie gekry = ek sal jou my email address pm.

Allan
Zulucowboy - Feb 09, 2007 - 10:06 AM
Post subject:
I think we must just make a note of all the Ex and Current Navy guys for Allen's sake... Wink
WetStuff - Feb 09, 2007 - 10:27 AM
Post subject:
In case of

1 - River and the total water depth greater than the total height of car - Rescue divers on standby. Local IOC members can recover car.

2 - River and the total water depth smaller than the total height of car. Been there done that!

3 - Water salty with sharks in it - sent ship this morning to Germany to get another (diesel) submarine, just in case!
chrisbad - Feb 21, 2007 - 12:51 PM
Post subject:
Alhes wrote:
Hi Chris

Nie gekry = ek sal jou my email address pm.

Allan


Allan

I've never received your info. Please PM me your details and I will gladly add you to the list.

JacquesS - Do you want me to include you on this list as well? If so, PM me the details and I'll do so.

Cheers
Roberator - Feb 22, 2007 - 01:32 AM
Post subject:
Chris, many Thanks for all your help in getting this off the ground. It is appreciated ou maat!
Henk - Feb 22, 2007 - 02:51 PM
Post subject:
Wat van ons wat ver bly Crying or Very sad Ek's bereid om standby te doen. Kaokoland, Damaraland of engige plek hier in die geweste, sou julle dalk hierdie kant toe kom.

Henk Steyn
cell. 0811296989
henk.steyn@nampower.com.na(mail adress by werk)
steynh@iway.na(Mail adress by die huis)
065-270064(H)

Sou ook graag so a kontak lys will he as ek dalk S.A toe gaan vir besigheid of vakansie Very Happy Al is dit net om julle ouens te leer ken Very Happy
JP - Feb 22, 2007 - 02:58 PM
Post subject:
Kom Chris, roer jou GAT !! Ons buurman soek die info Laughing
witblits - Feb 22, 2007 - 03:04 PM
Post subject:
Daai taal broer JP daai taal Surprised Surprised Surprised
chrisbad - Feb 22, 2007 - 03:09 PM
Post subject:
Henk

Ek stel voor jy haal jou persoonlike info van die site af, tensy jy graag vreemde e-mails en oproepe wil ontvang Shocked Shocked Shocked Shocked

Mense, en girls, moet asb. nie jul info hier post nie, stuur dit aan my met 'n PM:!: Exclamation Exclamation

Ek het jou inligting en stuur jou die jys met die volgende update wat uitgaan.

En JP, Sies man, kinders mag dalk ook die site lees Laughing
JP - Feb 22, 2007 - 03:53 PM
Post subject:
chrisbad wrote:
En JP, Sies man, kinders mag dalk ook die site lees


ASKUUS Question Question Het julle nie Tippex nie Shocked
Nav - Feb 23, 2007 - 08:12 AM
Post subject:
Het Tippex probeer maar elke slag as jy die skerm afrol is dit op die verkeerde plek! Nou al vyf keer probeer! Wink

One, two fwee... block myself!
Sakkie - Feb 23, 2007 - 07:32 PM
Post subject:
Ja JP magtag man! Gedra jouself Cool
JP - Feb 24, 2007 - 10:12 AM
Post subject:
ROTFLMAO, praat jy wat tanne het ......... Laughing Laughing

Chris, gelukkig was dit net EEN keer, Imagine dit.......
chrisbad - Feb 28, 2007 - 06:49 AM
Post subject:
Very Happy Very Happy Very Happy Very Happy Very Happy Very Happy Very Happy Very Happy Very Happy Very Happy
witblits - Feb 28, 2007 - 08:31 AM
Post subject:
Het hom gedoen daai deng my kroon.
Het hom gedoen daar by daai klein boxie.
chrisbad - Mar 01, 2007 - 06:51 AM
Post subject:
Thanks Witblits

Het hom gekry. Sal erens volgende week weer 'n update uitstuur.

Cheers
chrisbad - Mar 07, 2007 - 07:26 AM
Post subject:
Pieter, Pieter, Pieter, Pieter

Wil jy ons nie maar vereer en jou info aan my stuur nie Question
chrisbad - Apr 25, 2007 - 08:17 PM
Post subject:
Ok, die topic het al ver afgeskuif en intussen het daar nuwe maatjies bygekom.

Indien julle sou belangstel om deel te word van die "Support Group" (issie AA nie) PM asb vir my die volgende sodat ek die lys kan bywerk en weer versprei.

Voorbeeld
Site ID...............beesblaas
Naam.................Piet Pompies
e-mail.....................bees@blaas.net
Kontak Nommer..072watnouweer
Omgewing..........Naby die N4/N1 kruising, PTA

Cheers
JacoV - Apr 25, 2007 - 09:11 PM
Post subject:
chrisbad wrote:
(issie AA nie)


Nie?! ShockedShocked Nou hoe nou?
chrisbad - Jul 23, 2007 - 08:06 AM
Post subject:
An update to this has been send to all that is on the list. If you did not receive it, please send me a PM and I will verify your details.

Cheers
JohanvB - Jul 23, 2007 - 02:31 PM
Post subject:
Hallo Chris, het my besonderhede na jou gePM

Het nêrens in die gesprekke op die onderwerp opgetel dat wat gebeur nou as jy of jou gesin nie kan praat nie, of die lys is missing in action, is ook moontlik.

Dalk het julle al gehoor van ICE, en nee dit is nie EISH wat saam met 'n teetjie gedrink word nie, staan vir In Case of an Emergency. So kan jy ICE nrs op jou selfoon hê vir sulke nare oomblikke wat dalk net die lewe vir jou makliker kan maak as jy nie kan praat of die lys weg is.

Blykbaar is meeste reddingpersoneel bewus van die ICE nrs op selfone, is ma net 'n idee.
JP - Jul 23, 2007 - 02:49 PM
Post subject:
Johan, die hele idee van hierdie lys het ontstaan sommer so tussen ons, vir daai keer wat jy wel kan praat en hulp nodig het. Net om dit makliker te maak om hulp in die hande te kry wanneer jy in 'n vreemde stad of provinsie is. Is glad nie bedoel as 'n vervanging of enige iets tov iets soos ICE nie. Maar net die mense vd site wat mekaar wil bystaan soos nodig.
chrisbad - Nov 01, 2007 - 05:13 PM
Post subject:
Ons geagte Klaskaptein het vir ons 'n link na hierdie post gesit onder die "Main Menu! Nou kan die nuwe lede oor die topic "struikel" as hulle die site leer ken en deel word van die aksie sou hulle belangstel.

Thanks KK

Cheers
weimaraner - Apr 19, 2009 - 10:55 PM
Post subject:
Jis Chris, kan jy die lysie weer vir my mail asb, thanks!
chrisbad - Apr 20, 2009 - 06:54 AM
Post subject:
Hou jou email fyn dop Very Happy
DNF618EC - Apr 20, 2009 - 05:49 PM
Post subject:
Hi Chris! Details gestuur.
chrisbad - Apr 20, 2009 - 07:13 PM
Post subject:
Update uitgestuur.
Jvg - Apr 20, 2009 - 07:19 PM
Post subject:
chrisbad wrote:
Update uitgestuur.



Aikona, nog niks gekry nie.
Jvg - Apr 20, 2009 - 08:02 PM
Post subject:
Dankie Chris
Mick - Nov 10, 2009 - 10:38 AM
Post subject:
Hi Chris, Just mailed you my info. Great idea. Thank you. Very Happy
chrisbad - Nov 10, 2009 - 09:15 PM
Post subject:
I've just sent you all an update.

Cheers
Dookie - Nov 11, 2009 - 06:24 AM
Post subject:
Hey vertikaal gestremde mannekie, stuur bietjie vir my ook daai "opgedateerde"lys
chrisbad - Nov 11, 2009 - 07:42 AM
Post subject:
Dookie

As jy die lys wil kry moet jy deel word daarvan. Stuur my die volgende via a PM en ek sit jou met graagte op:

Site ID............... xxxxxxx
Naam................. xxxxxxx
e-mail................ xxxxxxx
Kontak Nommer.. xxxxxxx
Omgewing.......... xxxxxxx

Cheers
JacoB - Nov 11, 2009 - 08:26 AM
Post subject:
Dankie vir die moeite Chris.
Jvg - Nov 11, 2009 - 12:55 PM
Post subject:
Dookie wrote:
Hey vertikaal gestremde mannekie, stuur bietjie vir my ook daai "opgedateerde"lys

of is dit dalk horisontaal?
Nisuzu - Nov 11, 2009 - 01:03 PM
Post subject:
Jvg wrote:
Dookie wrote:
Hey vertikaal gestremde mannekie, stuur bietjie vir my ook daai "opgedateerde"lys

of is dit dalk horisontaal?

Vertikaal gestremd, horisontaal geseend.

Dankie Chris, het jou briefie gekry. Wink
All times are GMT + 2 Hours
Powered by PNphpBB2 © 2003-2004 The PNphpBB Group
Credits